YouVersion Logo
Search Icon

1 Kronieke 7

7
Die Issaskar-stam
1Issaskar het vier seuns gehad: Tola, Puwwa, Jasub en Simron. 2Die seuns van Tola was Ussi, Refaja, Jeriël, Jagmai, Jibsam en Samuel. Hulle was die hoofde van die Tola-families en hulle was belangrike manne. In die tyd toe Dawid regeer het, was daar 22 600 afstammelinge van Tola. 3Ussi het een seun Jisragja gehad, en die seuns van Jisragja was Mikael, Obadja, Joël en Jissija. Hierdie vyf seuns was almal familiehoofde. 4Die mans in hierdie families het baie vroue en kinders gehad. Daarom kon 36 000 manne van die nageslag van Ussi soldate word. 5Die ander manne van die nageslag van Issaskar was ook belangrike manne. Hulle was 87 000 manne, en hulle name is geskryf in die naamlys van die Issaskar-stam.
Die Benjamin-stam
6Benjamin het drie seuns gehad: Bela, Beker en Jediael. 7Bela het vyf seuns gehad: Esbon, Ussi, Ussiël, Jerimot en Iri. Hulle was familiehoofde en hulle was belangrike manne. Hierdie familie was 22 034 manne, en hulle name is geskryf in die naamlys van die Benjamin-stam. 8Die seuns van Beker was Semira, Joas, Eliëser, Eljoënai, Omri, Jeremot, Abia, Anatot en Alemet. Hulle almal was seuns van Beker. 9Hierdie familie was 20 200 manne, en hulle name is geskryf in die naamlys van die families. Hulle was familiehoofde en hulle was belangrike manne. 10Jediael het een seun Bilhan gehad. Die seuns van Bilhan was Jeüs, Benjamin, Ehud, Kenaäna, Setan, Tarsis en Agisagar. 11Hierdie familie was almal seuns van Jediael en hulle was familiehoofde en hulle was belangrike manne. Hulle was 17 200 manne, en hulle kon oorlog maak. 12Die mense van die stede Suf en Guf was afstammelinge van Ir. Die mense van die stad Gus was afstammelinge van Ager.
Die Naftali-stam
13Die seuns van Naftali was Jagasiël, Guni, Jeser en Sallum. Hulle was afstammelinge van Bilha.
Die Manasse-stam
14Manasse en sy Aramese byvrou was die ouers van Asriël en Makir. Makir was die voorvader van die mense wat in die land Gilead gewoon het. 15Makir het getrou met vroue van die stede Guf en Suf. Sy suster se naam was Maäka. Sy tweede seun was Selofgad, maar Selofgad het net dogters gehad. 16Makir en sy vrou Maäka het 'n seun gekry, en sy het die seun Peres genoem. Peres se broer was Seres, en Seres se seuns was Ulam en Rekem. 17Ulam het 'n seun Bedan gehad. Manasse se seun Makir was die voorvader van hierdie mense van die land Gilead. 18Makir se suster Moleket was die ma van Ishod, Abiëser en Magla. 19Die seuns van Semida was Agjan, Sekem, Likgi en Aniam.
Die Efraim-stam
20Efraim was die pa van Sutelag, Sutelag was die pa van Bered, Bered was die pa van Tagat, Tagat was die pa van Elada, Elada was die pa van Tagat, 21Tagat was die pa van Sabad, Sabad was die pa van Sutelag. Efraim het nog twee seuns gehad, maar die mense van die stad Gat wat in die land gebore is, het die twee seuns doodgemaak omdat hulle die mense van Gat se skape en bokke gaan steel het. 22Hulle pa Efraim het lank gehuil en getreur oor hulle, en sy broers het hom kom troos. 23Daarna het Efraim en sy vrou nog 'n seun gekry, en hy het die seun Beria genoem omdat hy hartseer was oor wat in sy huisgesin gebeur het. 24Efraim het 'n dogter Seëra gehad. Sy het die stede Bet-Goron-Onder, Bet-Goron-Bo en Ussen-Seëra gebou. 25Efraim se seuns was Refag en Resef. Resef was die pa van Telag, Telag was die pa van Tagan, 26Tagan was die pa van Ladan, Ladan was die pa van Ammihud, Ammihud was die pa van Elisama, 27Elisama was die pa van Nun, en Nun was die pa van Josua. 28Die plekke waar hulle gewoon het, was die stad Bet-El en die dorpe daar naby, en die stad Naäran by die oostekant, die stad Geser en die dorpe daar naby by die westekant, die stad Sigem en die dorpe daar naby tot by die stad Aja en die dorpe daar naby.
Die Manasse-stam se woonplekke
29Die mense van Manasse het in die stede Bet-San, Taänak, Megiddo en Dor en in die dorpe daar naby gewoon. Dit is waar die nageslag van Josef seun van Israel gewoon het.
Die Aser-stam
30Die seuns van Aser was Jimna, Jiswa, Jiswi en Beria. Hulle suster was Serag. 31Die seuns van Beria was Geber en Malkiël. Malkiël was die pa van Birsajit. 32Geber was die pa van Jaflet, Somer en Gotam, en hulle suster was Sua. 33Die seuns van Jaflet was Pasak, Bimhal en Aswat. Hulle was die seuns van Jaflet. 34Die seuns van Semer was Agi, Roga, Jagba en Aram. 35Die seuns van Semer se broer Helem was Sofag, Jimna, Seles en Amal. 36Die seuns van Sofag was Suag, Garnefer, Sual, Beri, Jimra, 37Beser, Hod, Samma, Silsa, Jitran en Beëra. 38Die seuns van Jeter was Jefunne, Pisga en Ara. 39Die seuns van Ulla was Arag, Ganiël en Risja. 40Al hierdie mense was afstammelinge van Aser. Hulle was die beste manne, familiehoofde, belangrike manne, en leiers. Hulle name is geskryf in die naamlys van die Aser-stam. Hulle was 26 000 manne en hulle kon oorlog maak.

Currently Selected:

1 Kronieke 7: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy