YouVersion Logo
Search Icon

1 Kronieke 5

5
Die Ruben-stam
1Ruben was die oudste seun van Israel, maar hy het sy pa se bed onrein gemaak. Daarom het sy pa die regte van die oudste seun vir die seuns van Josef seun van Israel gegee. Daarom is Ruben se naam nie eerste in die naamlys geskryf nie. 2Dit was Juda wat die belangrikste van die broers geword het, en die koning het uit die Juda-stam gekom, maar dit was Josef wat die regte van die oudste seun gekry het. 3Die seuns van Israel se oudste seun Ruben was Ganok, Pallu, Gesron en Karmi. 4Joël was die pa van Semaja, Semaja was die pa van Gog, Gog was die pa van Simi, 5Simi was die pa van Miga, Miga was die pa van Reaja, Reaja was die pa van Baäl, 6en Baäl was die pa van Beëra. Beëra was die leier van die Ruben-stam toe koning Tiglat-Pileser van Assirië hom gevang en weggevat het. 7Die name van Beëra se broers was Jeïel en Sagaria. Hulle families se name was geskryf in die naamlys, en Jeïel was hulle leier. 8Dit is die nageslag van Bela seun van Asas seun van Sema seun van Joël, hulle het gewoon in die stad Aroër en tot by die stede Nebo en Baäl-Meon. 9Hulle het na die oostekant gewoon tot teen die woestyn wat suid van die Eufraat-rivier is, want hulle skape en bokke het te veel geword in die land Gilead. 10In die tyd toe Saul koning was, het die Ruben-stam oorlog gemaak teen die Hagareërs. Hulle het die Hagareërs oorwin en in hulle woonplekke gaan woon in die hele oostekant van die land Gilead.
Die Gad-stam
11Die Gad-stam het langs die Ruben-stam gewoon, hulle het gewoon in die land Basan tot by Salka. 12Joël was die leier en Safam was die onderleier. Jaänai en Safat het ook in Basan gewoon. 13Die sewe families in die Gad-stam was Mikael, Mesullam, Seba, Jorai, Jaäkan, Sia en Eber. 14Hulle was van die nageslag van Abigail seun van Guri seun van Jaroag seun van Gilead seun van Mikael seun van Jesisai seun van Jagdo seun van Bus. 15Die leier van hulle families was Agi seun van Abdiël seun van Guni. 16Die Gad-stam het gewoon in die land Gilead en in die land Basan en al sy dorpe, in al die weivelde van die land Saron tot waar die weivelde ophou. 17In die tyd toe koning Jotam van Juda en koning Jerobeam van Israel regeer het, is die name van die Gad-stam se mense in die naamlyste geskryf. 18Daar was 44 760 manne van die Ruben-stam, die Gad-stam en die halwe Manasse-stam wat oorlog kon maak. Party manne het skilde en swaarde gedra, party het met pyl en boog geskiet. Hulle het goed geleer om oorlog te maak, 19en hulle het oorlog gemaak teen die Hagareërs en teen die mense van Jetur, Nafis en Nodab. 20Hulle het tot God gebid in die oorlog, en Hy het geluister na hulle gebed omdat hulle geglo het dat Hy hulle sal help. God het hulle gehelp en Hy het hulle laat wen teen die Hagareërs en almal wat saam met die Hagareërs was. 21Die stamme het 50 000 kamele vir hulleself gevat en 250 000 skape en bokke en 2 000 donkies. Hulle het ook nog 100 000 gevangenes weggevat. 22Baie van die Hagareërs het gesterf, want dit is God wat die oorlog geveg het. Die stamme het gaan woon in die land wat hulle gevat het, en hulle het daar gebly totdat die koning van Babel hulle gevang en weggevat het.
Die halwe Manasse-stam oos van die Jordaan-rivier
23Die mense van die halwe Manasse-stam het gewoon in die land van Basan tot by die stede Baäl-Hermon en Senir en tot by Hermon-berg. Hulle was baie. 24Die leiers van hulle families was Efer, Jisi, Eliël, Asriël, Jeremia, Hodauja en Jagdiël. Hulle was almal belangrike mense. Ander mense het hulle gerespekteer en hulle was die leiers van hulle families. 25Maar die mense van die stamme was ontrou aan die God van hulle voorvaders, hulle het ander gode gedien, die gode van die volke wat in die land was. God het daardie volke weggevat sodat die stamme van Israel daar kon woon. 26Die God van Israel het vir koning Pul van Assirië laat besluit om die stamme te vang en weg te vat. Koning Pul se ander naam was Tiglat-Pileser. Koning Pul het die mense van die Ruben-stam, die Gad-stam en die halwe Manasse-stam gevang en weggevat na Galag, Gabor, Hara en na die Gosan-rivier. Hulle is nou nog daar.

Currently Selected:

1 Kronieke 5: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy