YouVersion Logo
Search Icon

NUMERI 1

1
Die volk word getel
1Die Here het met Moses by die tabernakel#1:1a Of tent van ontmoeting. in die woestyn van Sinai gepraat. Dit was in die middel van die lente#1:1b Of die eerste dag van die tweede maand., in die tweede jaar nadat Israel uit Egipte weg is: 2“Neem ’n sensus op van al die Israeliete volgens hulle stamme en hulle familiegroepe. Stel ’n lys op met die name van al die weerbare mans 3bo twintig jaar. Jy en Aäron moet dit doen. 4Uit elke stam moet ’n leier julle help.
5“Die name van die mans wat julle moet bystaan uit die onderskeie stamme, is:
Stam Leier
Ruben Elisur seun van Sedeür
6Simeon Selumiël seun van Suri-Saddai
7Juda Nagson seun van Amminadab
8Issaskar Netanel seun van Suar
9Sebulon Eliab seun van Gelon
Josef se seuns:
10Efraim Elisama seun van Ammihud
Manasse Gamliël seun van Pedasur
11Benjamin Abidan seun van Gidoni
12Dan Agiëser seun van Ammi-Saddai
13Aser Pagiël seun van Okran
14Gad Eljasaf seun van Reüel
15Naftali Agira seun van Enan
16“Dit was die leiers wat uit elke familie gekies is.”
17Moses en Aäron en die leiers 18het daardie selfde dag#1:18 Of die eerste dag van die tweede maand. nog die volk bymekaargeroep. Elke man bo twintig jaar is volgens sy stam en familienaam geregistreer. 19Hulle is daar in die Sinaiwoestyn getel, presies soos die Here vir Moses gesê het. 20Die mans bo twintig, wat kon gaan veg, was:
Stam Getal
21Ruben, die oudste seun van Israel 46 500
22-23Simeon 59 300
24-25Gad 45 650
26-27Juda 74 600
28-29Issaskar 54 400
30-31Sebulon 57 400
32-33Efraim
seun van Josef 40 500
34-35Manasse
seun van Josef 32 200
36-37Benjamin 35 400
38-39Dan 62 700
40-41Aser 41 500
42-43Naftali 53 400
44Dit was die getal mans wat kon gaan veg van twintig jaar en ouer, wat Moses en Aäron getel het volgens hulle families. 45Al die Israeliete bo twintig wat kon gaan veg, is volgens hulle families getel. 46Hulle was altesaam 603 550.
47Die Leviete was nie hierby ingesluit nie. 48Die Here het vir Moses gesê: 49“Jy moenie die stam van Levi insluit by die res van Israel wanneer jy hulle tel nie. 50Jy moet die Leviete oor die tabernakel van die verbond#1:50, 53 Of tent van die getuienis. aanstel. Plaas hulle in beheer van al sy meubels en toebehore. Hulle moet dit vervoer wanneer julle trek. Hulle moet ook vir sy toebehore sorg. Hulle moet die tabernakel versorg en daar rondom hulle tente opslaan. 51Wanneer julle verder trek, moet die Leviete dit elke keer afbreek en weer opslaan.
“As enigiemand anders daar naby kom, sal hy doodgemaak word. 52Elke stam moet op sy bepaalde plek gaan staan onder die vaandel van sy afdeling. 53Die Leviete sal rondom die tabernakel van die verbond#1:50, 53 Of tent van die getuienis. kamp opslaan om die Israeliete te beskerm teen die woede van die Here. Die Leviete moet by die tabernakel wag staan.”
54Die Israeliete het presies net so gemaak soos die Here vir Moses gesê het.

Currently Selected:

NUMERI 1: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy