YouVersion Logo
Search Icon

NUMERI 2

2
Die indeling van die kamp
1Die Here het toe vir Moses en Aäron gesê: 2“Hulle moet elkeen onder die vaandel van hulle stam gaan staan. Hulle moet reg rondom die tabernakel#2:2, 10-11, 18-19, 24, 25-26; 3:7, 8, 23, 25 Of tent van ontmoeting. kamp opslaan.
3-4“Juda, Issaskar en Sebulon moet aan die oostekant, waar die son opkom, onder hulle onderskeie vaandels kamp opslaan. Hier is die name van die stamme, hulle leiers en die getalle van hulle weerbare manskappe: Juda se leier is Nagson seun van Amminadab met 74 600 manskappe; 5-6Issaskar s’n is Netanel seun van Suar met 54 400 manskappe; 7-8Sebulon s’n is Eliab seun van Gelon met 57 400 manskappe. 9Die manskappe aan Juda se kant is dus 186 400. Wanneer die kamp versit, moet hierdie stamme eerste begin beweeg.
10-11“Ruben, Simeon en Gad moet suid van die tabernakel#2:2, 10-11, 18-19, 24, 25-26; 3:7, 8, 23, 25 Of tent van ontmoeting. by hulle vaandels kamp opslaan. Hier is hulle stamme, leiers en getalle: Ruben se leier is Elisur seun van Sedeür met 46 500 manskappe; 12-13Simeon s’n is Selumiël seun van Suri-Saddai met 59 300 manskappe; 14-15Gad s’n is Eljasaf seun van Reüel#2:14-15 Sommige manuskripte lees Deüel. Ander Hebreeuse manuskripte, die Samaritaanse Pentateug en die Vulgaat lees soos hier Reüel. met 45 650 manskappe. 16Almal aan Ruben se kant is altesaam 151 450. Wanneer Israel verder gaan, moet hulle tweede vertrek.
17“Die Leviete sal van die middel van die kamp af vertrek. Soos hulle gestaan het, het die stamme in dieselfde volgorde agter hulle vaandels aan getrek.
18-19“Efraim, Manasse en Benjamin moet by hulle vaandels wes van die tabernakel#2:2, 10-11, 18-19, 24, 25-26; 3:7, 8, 23, 25 Of tent van ontmoeting. kamp opslaan. Hier is hulle volgens stamme, leiers en getalle: Efraim se leier is Elisama seun van Ammihud met 40 500 manskappe; 20-21Manasse s’n is Gamliël seun van Pedasur met 32 200 manskappe; 22-23Benjamin s’n is Abidan seun van Gidoni met 35 400 manskappe. 24Die manskappe aan Efraim se kant van die tabernakel#2:2, 10-11, 18-19, 24, 25-26; 3:7, 8, 23, 25 Of tent van ontmoeting. is 108 100. Hulle moet altyd derde versit, net na die Leviete.
25-26“Dan, Aser en Naftali moet by hulle vaandels noord van die tabernakel#2:2, 10-11, 18-19, 24, 25-26; 3:7, 8, 23, 25 Of tent van ontmoeting. kamp opslaan. Hulle is volgens stam, leier en getalle soos volg: Dan se leier is Agiëser seun van Ammi-Saddai met 62 700 manskappe; 27-28Aser s’n is Pagiël seun van Okran met 41 500 manskappe; 29-30Naftali s’n is Agira seun van Enan met 53 400 manskappe. 31Aan Dan se kant is daar altesaam 157 600 manskappe. Hierdie stamme moet laaste vertrek, aan die agterkant.”
32Volgens hulle families ingedeel, was die groottotaal van die Israeliete dus 603 550.
33Soos die Here vir Moses beveel het, was die Leviete nie by hierdie getalle ingereken nie.
34Die Israeliete het gemaak presies soos die Here vir Moses gesê het. Elke stam het volgens sy familie en onder sy eie vaandel kamp opgeslaan en weer getrek.

Currently Selected:

NUMERI 2: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy