YouVersion Logo
Search Icon

JOB 2

2
Job se tweede toets
1Eendag was die hemelwesens#2:1 Grondteks seuns van God. weer voor die Here. Die aanklaer was ook tussen hulle. 2“Waar was jy?” vra die Here vir die aanklaer.
“Ek het heen en weer oor die aarde gereis en gekyk wat gebeur,” sê die aanklaer vir die Here.
3“Het jy vir Job raakgesien? Hy dien My. Daar is nie nog iemand soos hy nie. Hy lewe onberispelik. Hy is ’n mens met integriteit. Hy dien My en doen nie die verkeerde nie. En hy hou aan om My te dien, al het jy My ook oorreed om sonder enige oorsaak aan hom skade te doen,” sê die Here vir die aanklaer.
4Die aanklaer antwoord die Here: “Hy dien U maar net omdat U dit goed laat gaan met hom.#2:4 Grondteks Vel vir vel. ’n Mens sal immers enigiets gee om sy lewe te red! 5Maar tas hom aan en vat sy gesondheid weg, dan sal U sien hoe vloek hy U in u gesig!”
6“Goed, doen met hom wat jy wil. Spaar net sy lewe,” sê die Here vir die aanklaer.
7Die aanklaer is toe weg van die Here af. Hy het Job met pynlike swere getref. Sy hele lyf was oortrek van die swere. 8Job het op die ashoop gaan sit en met ’n gebreekte potskerf sy swere gekrap.
9Sy vrou vra hom: “Hoekom hou jy aan om die Here te dien? Vloek God en sterf!”
10Job het haar geantwoord: “Jy praat nou soos ’n mens wat God glad nie ken nie. Ek het die goeie geskenke uit God se hand aanvaar. Moet ek nie nou ook die slegte aanvaar nie?” Job het steeds niks verkeerds gedoen of gesê nie.
Job se drie vriende
11Drie van Job se vriende was Elifas uit Teman, Bildad uit Suag en Sofar uit Naäma. Hulle het gehoor van die tragedies wat Job getref het. Toe het hulle mekaar ontmoet en saam na Job gekom om hom te troos en te bemoedig. 12Hulle het Job al van ’n afstand af gesien, maar hulle het hom nie eens herken nie. Toe het hulle hardop begin huil, hulle klere geskeur en stof op hulle koppe gegooi, so hartseer was hulle oor Job se situasie. 13Daarna het hulle sewe dae en sewe nagte lank op die grond by Job gesit. Nie een kon ’n woord teenoor hom uitkry nie. Hulle kon sien dat Job se smart te groot is vir woorde.

Currently Selected:

JOB 2: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy