YouVersion Logo
Search Icon

ESTER 6

6
Slim vang sy baas
1Die koning kon daardie nag nie slaap nie. Hy het beveel dat die boeke oor die geskiedenis van sy koninkryk gebring moes word sodat hulle vir hom daaruit kon lees. 2Daarin is beskryf hoe Mordegai die twee haremamptenare Bigtan en Teres, wat diens as deurwagte gedoen het, se komplot om die koning te vermoor, aan die lig gebring het.
3“Watter beloning of erkenning het Mordegai hiervoor ontvang?” wou die koning weet. Sy amptenare het geantwoord: “Hy het niks gekry nie.”
4“Wie is daar in die voorhof?” wou die koning weet. Haman was juis besig om van die buitenste voorhof van die paleis af in te kom. Hy wou by die koning toestemming kry dat Mordegai aan die galg wat Haman vir hom laat oprig het, opgehang moes word. 5Die amptenare van die koning sê vir hom: “Dit is Haman wat in die voorhof staan.”
“Laat hy inkom!” sê die koning.
6Toe Haman inkom, vra die koning vir hom: “Wat dink jy moet gedoen word vir iemand wat die koning graag wil vereer?”
Haman het by homself gedink: “Vir wie anders sou die koning eerder wil vereer as vir my?” 7Hy antwoord toe die koning: “As die koning iemand graag wil vereer, 8moet hulle van die koning se klere bring wat hy self gedra het en die perd waarop die koning self gery het met die koning se embleem op sy voorkop. 9Die klere en die perd moet vir een van die hoogste amptenare van die koning gegee word, en hy moet die klere aantrek vir die man vir wie die koning graag wil vereer. Die amptenaar moet dan die man op die perd laat ry en hom oor die stadsplein lei terwyl hy uitroep: ‘Dit is wat gedoen word met die persoon wat die koning graag wil vereer!’”
10“Uitstekend,” sê die koning vir Haman. “Vat dadelik van my klere en my perd. Gaan doen dan soos jy voorgestel het met die Jood Mordegai wat in die poort van die paleis bly. Moet niks nalaat van alles wat jy gesê het nie.”
11Haman het toe van die koning se klere gevat en ook sy perd en die klere vir Mordegai laat aantrek. Hy het hom op die rug van die perd laat sit en oor die stadsplein gelei terwyl hy voor hom uitroep: “Dit is wat gedoen word met die persoon wat die koning graag wil vereer!”
12Mordegai is toe weer terug na die poort van die paleis toe, terwyl Haman haastig huis toe is, neerslagtig en verneder. 13Hy het vir sy vrou Seres en al sy vriende vertel wat met hom gebeur het. Sy raadgewers en sy vrou Seres sê toe vir hom: “As Mordegai, voor wie jy vandag die knie moes buig, ’n Jood is, is jy nie teen hom opgewasse nie. Hy is beslis jou ondergang.”
Haman word tereggestel
14Terwyl hulle nog besig was om met hom te praat, het die amptenare van die koning daar opgedaag om hom te kom haal vir die onthaal wat Ester sou gee.

Currently Selected:

ESTER 6: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy