1
Psalms 146:5
Die Boodskap
Hoor mooi, jy sal nie ’n fout maak as jy op die God van Jakob vertrou om jou te help nie. Hy het deur die geskiedenis gewys dat jy Hom kan vertrou. Iemand wat die Here as sy God vertrou, is ’n baie gelukkige mens.
Compare
Explore Psalms 146:5
2
Psalms 146:3
Moenie op mense staatmaak nie. Jy kan dalk dink dat mense in hoë posisies jou sal kan help. Moenie glo nie. Mense bly maar net mense.
Explore Psalms 146:3
3
Psalms 146:7-8
Die Here sorg dat mense wat swaarkry, reg behandel word. Hy sorg dat mense genoeg het om van te leef. Hy haal mense uit die tronk. Die Here help mense met die grootste probleme. Hy maak mense gesond, al is hulle hoe siek. Die Here gee moed vir mense wat platgeslaan is; Hy tel hulle weer op. Die Here het sy kinders baie lief.
Explore Psalms 146:7-8
4
Psalms 146:6
Onthou, die Here het al die mag in die wêreld. Hy het alles gemaak: die hemel, die aarde, die see, ja, alles wat leef en beweeg. Hy sal nooit dit wat Hy gemaak het, in die steek laat nie. Hy bly altyd getrou.
Explore Psalms 146:6
5
Psalms 146:9
Hulle wat verstoot word en nie voorregte het soos ander nie, kan op die Here vertrou. Hy sal vir hulle sorg. Maar mense wat hulle nie aan die Here steur nie, is in groot moeilikheid.
Explore Psalms 146:9
YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy
Home
Bible
Plans
Videos