Eksodus 12:12-13
Eksodus 12:12-13 SPC
want Ek sal in hierdie nag deur die land van Mitzrayim gaan en al die eersgeborenes van mense sowel as van diere in die land van Mitzrayim slaan. Ek sal oordeel uitoefen oor al die gode van Mitzrayim. Ek is יהוה. Die bloed aan die huise waarin julle is, sal vir julle ’n teken wees; as Ek die bloed sien, sal Ek by julle verbygaan en die plaag sal nie op julle wees om julle te vernietig wanneer Ek die land van Mitzrayim slaan nie.


