Eksodus 10:21-23

Eksodus 10:21-23 SPC

יהוה het vir Mosheh gesê: “Steek jou hand uit na die hemele toe en daar sal duisternis oor die land van Mitzrayim kom; duisternis wat ’n mens selfs kan voel.” Mosheh het sy hand uitgesteek na die hemele en daar was ’n dik duisternis oor die hele land van Mitzrayim vir drie dae lank. Hulle het mekaar nie gesien nie en niemand het van sy plek af opgestaan vir drie dae nie, maar al die kinders van Yisra’el het lig in hulle huise gehad.