Logo de l'Aplicació de la Bíblia
Icona de cerca

Psalms 149

149
1Loof Yah helder en duidelik! Sing tot יהוה ’n nuwe lied, Sy lofprysing in die vergadering van die afgesonderdes!
2Laat Yisra’el hom verheug in Hom wat hulle gemaak het; laat die seuns van Tziyon in die rondte swaai van blydskap oor hulle Koning!
3Laat hulle Sy Naam (Karakter en Outoriteit) helder en duidelik loof in dans, tot Hom sing en musiek maak met tamboeryn en harp,
4want יהוה is tevrede met Sy volk; Hy versier die behoeftiges met verlossing.
5Laat die afgesonderdes spring van vreugde in lof en eer; laat hulle hardop sing op hul beddens.
6Lofprysinge van God is in hulle kele en ’n tweesnykant swaard in hulle hand
7om wraak uit te oefen onder die ander nasies, strawwe onder die volke, Open 19:14-21
8om hulle konings met toue vas te bind en hulle edeles met ysterkettings,
9om die oordele wat opgeskryf is, aan hulle te voltrek en lof en eer aan al Sy afgesonderdes te bring! Loof Yah helder en duidelik!

S'ha seleccionat:

Psalms 149: PWL

Subratllat

Copia

Compara

Comparteix

None

Vols que els teus subratllats es desin a tots els teus dispositius? Registra't o inicia sessió