Negemyah 13:1-2

Negemyah 13:1-2 PWL

Op daardie dag, toe die boekrol van die wet van Mosheh ten aanhore van die volk voorgelees is, is daarin gevind dat daar geskryf is dat die `Ammoniet en die Mo’aviet vir ewigheid nooit die vergadering van God mag inkom nie Deut 23:3,4 omdat hulle nie die seuns van Yisra’el met brood en water ontmoet het nie, maar vir Bil’am gehuur het om hulle te vervloek, maar ons God het sy vloeke in seëninge verander.