'Ezra 1:2-3
'Ezra 1:2-3 PWL
“So sê Koresh, koning van die Perse: יהוה, die God van die hemel, het al die koninkryke van die aarde aan my gegee en Hy het my beveel om vir Hom ’n huis te bou in Yerushalayim, wat in Y’hudah is. Wie is daar tussen julle wat aan Sy hele volk behoort? Sy God sal by hom wees, laat hom opgaan na Yerushalayim wat in Y’hudah is en die huis vir יהוה, die God van Yisra’el, bou! Hy is die God wat in Yerushalayim is.


