1
LUKAS 6:38
Afrikaans 1983
AFR83
Gee, en vir julle sal gegee word: 'n goeie maat, ingestamp, geskud en propvol, sal hulle in julle hande gee. Met die maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word.”
Compara
Explorar LUKAS 6:38
2
LUKAS 6:45
Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart, en die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge. Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.”
Explorar LUKAS 6:45
3
LUKAS 6:35
Nee, sonder om iets terug te verwag, moet julle julle vyande liefhê en goed doen en uitleen. Dan sal daar vir julle 'n groot beloning wees: julle sal kinders van die Allerhoogste wees, omdat Hy self goed is vir die ondankbares en slegtes.
Explorar LUKAS 6:35
4
LUKAS 6:36
Wees barmhartig soos julle Vader barmhartig is.”
Explorar LUKAS 6:36
5
LUKAS 6:37
“Moenie oordeel nie, en oor julle sal nie geoordeel word nie. Moenie veroordeel nie, en julle sal nie veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word.
Explorar LUKAS 6:37
6
LUKAS 6:27-28
“Maar vir julle wat na My luister, sê Ek: Julle moet julle vyande liefhê; doen goed aan die mense deur wie julle gehaat word; seën die mense deur wie julle vervloek word; bid vir die mense deur wie julle sleg behandel word.
Explorar LUKAS 6:27-28
7
LUKAS 6:31
Behandel ander mense soos julle self behandel wil word.
Explorar LUKAS 6:31
8
LUKAS 6:29-30
As iemand jou op die een wang slaan, bied hom ook die ander een aan. En vir iemand wat jou boklere vat, moet jy ook jou onderklere nie weier nie. Aan elkeen wat iets vra, moet jy gee; en as iemand jou goed vat, moet jy dit nie terugeis nie.
Explorar LUKAS 6:29-30
9
LUKAS 6:43
“Dit is nie die goeie boom wat slegte vrugte dra nie, en ook nie die slegte boom wat goeie vrugte dra nie.
Explorar LUKAS 6:43
10
LUKAS 6:44
Elke boom word aan sy eie vrugte geken. Van doringstruike pluk 'n mens mos nie vye nie, en van 'n doringbos oes jy ook nie druiwe nie.
Explorar LUKAS 6:44