1
ROMEINE 8:28
Afrikaans 1933/1953
AFR53
En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.
Compara
Explorar ROMEINE 8:28
2
ROMEINE 8:38-39
Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.
Explorar ROMEINE 8:38-39
3
ROMEINE 8:26
En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge.
Explorar ROMEINE 8:26
4
ROMEINE 8:31
WAT sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees?
Explorar ROMEINE 8:31
5
ROMEINE 8:1
DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.
Explorar ROMEINE 8:1
6
ROMEINE 8:6
Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede
Explorar ROMEINE 8:6
7
ROMEINE 8:37
Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.
Explorar ROMEINE 8:37
8
ROMEINE 8:18
WANT ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie.
Explorar ROMEINE 8:18
9
ROMEINE 8:35
Wie sal ons skei van die liefde van Christus — verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard?
Explorar ROMEINE 8:35
10
ROMEINE 8:27
En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree.
Explorar ROMEINE 8:27
11
ROMEINE 8:14
Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.
Explorar ROMEINE 8:14
12
ROMEINE 8:5
Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge.
Explorar ROMEINE 8:5
13
ROMEINE 8:32
Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie?
Explorar ROMEINE 8:32
14
ROMEINE 8:16-17
Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is; en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede-erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.
Explorar ROMEINE 8:16-17
15
ROMEINE 8:7
omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie.
Explorar ROMEINE 8:7
16
ROMEINE 8:19
Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God.
Explorar ROMEINE 8:19
17
ROMEINE 8:22
Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe.
Explorar ROMEINE 8:22