Jy moet die seuns van Yisra’el beveel dat hulle vir jou suiwer, uitgestampte olyfolie vir die lig moet bring, om voortdurend ’n brandende lamp te hê.
In die Tent van Ontmoeting, buitekant die verdelingsgordyn wat voor die Getuienis is, moet Aharon en sy seuns dit regmaak om voor die Teenwoordigheid van יהוה te brand, van die aand tot die oggend toe. Dit sal vir die seuns van Yisra’el ’n ewige instelling in hulle geslagte wees.