1
Deuteronomium 4:29
PWL in Standaard Protestantse Canon
SPC
Van daar af sal jy יהוה, jou God, soek en jy sal Hom vind as jy Hom met jou hele wil, emosie en verstand en jou hele gees en lewe soek.
Compara
Explorar Deuteronomium 4:29
2
Deuteronomium 4:31
want יהוה, jou God, is ’n Magtige God wat omgee; Hy sal jou nie in die steek laat, jou nie vernietig nie en Hy sal die verbond met jou vaders, wat Hy aan hulle gesweer het, nie vergeet nie.
Explorar Deuteronomium 4:31
3
Deuteronomium 4:24
want יהוה, jou God, is ’n verterende vuur, ’n jaloerse God.
Explorar Deuteronomium 4:24
4
Deuteronomium 4:9
Nogtans, let op na jouself en hou jou lewe ywerig sodat jy die dinge nie vergeet wat jou oë gesien het nie en dat hulle nie uit jou verstand weggaan al die dae van jou lewe nie en maak hulle bekend aan jou kinders en jou kleinkinders.
Explorar Deuteronomium 4:9
5
Deuteronomium 4:39
Weet daarom vandag en neem dit ter harte: יהוה, Hy is God, bo in die hemel en onder op die aarde; daar is geen ander nie.
Explorar Deuteronomium 4:39
6
Deuteronomium 4:7
want watter groot nasie is daar wie se god so naby aan hulle is soos יהוה, ons God, aan ons is, wanneer ons ook al na Hom roep?
Explorar Deuteronomium 4:7
7
Deuteronomium 4:30
Wanneer jy in nood is en al hierdie dinge oor jou kom, sal jy aan die einde van die dae na יהוה, jou God, terugkeer en na Sy stem luister
Explorar Deuteronomium 4:30
8
Deuteronomium 4:2
Julle mag by die boodskap wat ek julle beveel, niks byvoeg nie en ook niks wegvat nie, om die opdragte van יהוה, julle God, te onderhou, wat ek julle beveel.
Explorar Deuteronomium 4:2