O, my God, draai U oor en hoor, maak U oë oop en sien ons verwoeste en verlate plekke en die stad wat volgens U Naam (Karakter en Outoriteit) uitgeroep is, want ons bring nie ons smeking voor U op grond van ons onpartydige opregtheid nie, maar op grond van U groot omgee.
O, יהוה, hoor! O, יהוה, vergewe ons! O, יהוה, luister en doen dit, stel nie uit nie, om U eie Naam (Karakter en Outoriteit) ontwil, o my God, want U Naam (Karakter en Outoriteit) is uitgeroep oor U stad en oor U volk.”