1
Spreuke 3:5-6
PWL Druk Weergawe (Siries)
PWL
Vertrou op יהוה met jou hele verstand, wil en emosie en maak nie staat op jou eie wysheid nie. Erken Hom in al jou lewenswyses, dan sal Hy jou paaie rig.
Compara
Explorar Spreuke 3:5-6
2
Spreuke 3:7
Moenie wys wees in jou eie oë nie; vrees יהוה respekvol en gaan weg van boosheid af.
Explorar Spreuke 3:7
3
Spreuke 3:9-10
Vereer יהוה met jou besittings en met die eerste vrugte van al jou inkomste en jou skure sal vol gemaak word met oorvloed en jou parskuipe sal oop bars van nuwe wyn.
Explorar Spreuke 3:9-10
4
Spreuke 3:3
en liefde, goedheid en waarheid sal jou nie verlaat nie; bind dit om jou nek, skryf dit op die tafels van jou verstand, wil en emosie
Explorar Spreuke 3:3
5
Spreuke 3:11-12
My seun, verag nie die tug van יהוה nie en moenie vermoeid word met Sy teregwysing nie, want יהוה wys hulle tereg wat Hy lief het, soos ’n vader sy seun teregwys.
Explorar Spreuke 3:11-12
6
Spreuke 3:1-2
My seun, moenie My wet vergeet nie, maar laat jou verstand, wil en emosie My opdragte bewaar, want dit sal lengte van dae en lang lewe vir jou byvoeg
Explorar Spreuke 3:1-2
7
Spreuke 3:13-15
Geseënd is die mens wat wysheid gevind het en die seun van die mens wat insig vind, want die wins daarvan is beter as dié van silwer en die winste beter as van fyn goud. Dit is waardevoller as kosbare stene en daar is niks om daarmee te vergelyk nie.
Explorar Spreuke 3:13-15
8
Spreuke 3:27
Moenie weier om te doen wat goed is, as dit in jou hand is om dit te doen nie.
Explorar Spreuke 3:27
9
Spreuke 3:19
יהוה het deur Sy wysheid die aarde gevestig, deur Sy insig die hemele vasgestel
Explorar Spreuke 3:19