1
Markus 4:39-40
Bybel vir almal
ABA
Jesus het opgestaan en Hy het kwaai met die wind gepraat. Hy het vir die see gesê: “Bly stil! Word kalm!” Die wind het opgehou waai en die see het stil en kalm geword. Jesus vra toe vir hulle: “Hoekom is julle bang? Glo julle nou nog nie in My nie?”
Compara
Explorar Markus 4:39-40
2
Markus 4:41
Die dissipels het baie bang geword. Hulle sê toe vir mekaar: “Wie is hierdie Man? Ook die wind en die see luister na Hom.”
Explorar Markus 4:41
3
Markus 4:38
Jesus het agter in die boot op 'n kussing gelê en slaap. Die dissipels maak Hom toe wakker en hulle vra vir Hom: “Meneer, is U nie bekommerd oor ons nie? Ons sal verdrink!”
Explorar Markus 4:38
4
Markus 4:24
Jesus het ook vir hulle gesê: “Julle moet goed luister na die boodskap van God. God sal luister na julle soos julle luister na Hom. Hy sal nog beter luister na julle.
Explorar Markus 4:24
5
Markus 4:26-27
Jesus het gesê: “Wanneer God Koning is, dan is dit soos wanneer 'n man saad in die grond saai, en dan in die aand gaan slaap en in die oggend opstaan. Die saad begin groei en die plante word groter. Die man weet nie hoe dit gebeur nie.
Explorar Markus 4:26-27
6
Markus 4:23
As iemand kan verstaan wat Ek sê, dan moet hy gehoorsaam wees!”
Explorar Markus 4:23