1
Genesis 25:23
Bybel vir almal
ABA
Die Here het vir haar gesê: “Die twee kinders in jou sal mekaar se vyande word. Hulle sal twee volke word. Die een volk sal sterker wees as die ander volk, en die oudste sal die jongste dien.”
Compara
Explorar Genesis 25:23
2
Genesis 25:30
Esau sê toe vir Jakob: “Ek is baie honger. Gee my asseblief van daardie rooi sop van jou.” Daarom het hulle Esau ook Edom genoem.
Explorar Genesis 25:30
3
Genesis 25:21
Isak het tot die Here gebid oor sy vrou, want sy kon nie kinders kry nie. Die Here het geluister na sy gebed, en sy vrou Rebekka het swanger geword.
Explorar Genesis 25:21
4
Genesis 25:32-33
Toe sê Esau: “Goed. Ek is baie honger. Ek voel ek sal sterf. Die regte sal my niks help wanneer ek dood is nie.” Jakob sê toe: “Jy moet dit eers vir my belowe.” Esau het dit belowe en hy het sy regte vir Jakob gegee.
Explorar Genesis 25:32-33
5
Genesis 25:26
Daarna is sy broer gebore. Sy broer se hand het aan Esau se voet vasgehou. Hulle het hom Jakob genoem. Isak was 60 jaar oud toe die twee seuns gebore is.
Explorar Genesis 25:26
6
Genesis 25:28
Isak was meer lief vir Esau, want Isak het gehou van wildsvleis. Maar Rebekka was meer lief vir Jakob.
Explorar Genesis 25:28