1
Deuteronomium 4:29
Bybel vir almal
ABA
Julle sal daar soek na julle God die Here, en julle sal Hom kry as julle Hom soek met julle hele hart.
Compara
Explorar Deuteronomium 4:29
2
Deuteronomium 4:31
Want julle God die Here is 'n God wat goed is vir mense wat swaarkry, Hy sal julle nie los nie, Hy sal julle nie heeltemal laat verdwyn nie. Hy sal nie die verbond vergeet wat Hy met julle voorvaders gemaak het nie.
Explorar Deuteronomium 4:31
3
Deuteronomium 4:24
Ja, julle God die Here is soos 'n vuur wat brand, Hy wil julle net vir Homself hê.
Explorar Deuteronomium 4:24
4
Deuteronomium 4:9
Maar julle moet baie versigtig wees dat julle nie die dinge vergeet wat julle self gesien het nie. Julle moet dit nooit vergeet nie, julle moet vir julle kinders en kleinkinders vertel
Explorar Deuteronomium 4:9
5
Deuteronomium 4:39
Daarom moet julle dit vandag weet en onthou: Hy, die Here, is God in die hemel daarbo en op die aarde hier onder, daar is nie nog 'n God nie.
Explorar Deuteronomium 4:39
6
Deuteronomium 4:7
“Ons God die Here is naby ons wanneer ons tot Hom bid. Watter groot volk het gode wat so naby hulle is?
Explorar Deuteronomium 4:7
7
Deuteronomium 4:30
Wanneer al hierdie dinge later met julle gebeur en dit gaan sleg met julle, dan sal julle terugkom na julle God die Here en julle sal doen wat Hy sê.
Explorar Deuteronomium 4:30
8
Deuteronomium 4:2
Julle moet doen wat die wette van julle God die Here sê, die wette wat ek vir julle gee. Julle moet niks bysit by die dinge wat ek vir julle leer nie, en julle moet niks daarvan wegneem nie.
Explorar Deuteronomium 4:2