1
PREDIKER 8:15
Afrikaans 1983
AFR83
Ek het vreugde aanbeveel: daar is niks beter vir die mens in hierdie wêreld nie as dat hy eet en drink en vrolik is onder al sy geswoeg tydens die lewe wat God hom in hierdie wêreld gee.
Параўнаць
Даследуйце PREDIKER 8:15
2
PREDIKER 8:12
Al doen die sondaar ook hoeveel kwaad en leef hy nogtans lank, ek weet: met die vromes wat vir God dien, sal dit goed gaan
Даследуйце PREDIKER 8:12
3
PREDIKER 8:6
Elke ding het sy tyd en sy manier. Daar is baie gevare wat die mens bedreig.
Даследуйце PREDIKER 8:6
4
PREDIKER 8:8
Niemand het die mag om die wind te stuit nie; niemand het seggenskap oor sy sterfdag nie; in oorlogstyd spring niemand vry nie. Wie verkeerd doen, word nie deur sy verkeerde daad gered nie.
Даследуйце PREDIKER 8:8
5
PREDIKER 8:11
Omdat die verkeerde daad nie meteens gestraf word nie, hou mense eenvoudig aan om verkeerd te doen.
Даследуйце PREDIKER 8:11
6
PREDIKER 8:14
Ook hier lei wat op die aarde gebeur, tot niks: oor regverdiges kom wat goddeloses toekom, oor goddeloses kom wat regverdiges toekom. Ook hierin, sê ek, kom dit tot niks.
Даследуйце PREDIKER 8:14
7
PREDIKER 8:7
Hy weet nie wat sal gebeur nie. Wie kan vir hom sê hoe dit sal wees?
Даследуйце PREDIKER 8:7