1
1 KONINGS 18:37
Afrikaans 1983
AFR83
Antwoord my, Here, antwoord my tog dat hierdie volk kan besef dat U, Here, God is, en dat dit U is wat hulle harte weer tot U bekeer.”
Параўнаць
Даследуйце 1 KONINGS 18:37
2
1 KONINGS 18:36
Teen die tyd van die aandoffer het die profeet Elia vorentoe gekom en gebid: “Here, God van Abraham, Isak en Israel, laat dit tog vandag bekend word dat U God is in Israel, en dat ek u dienaar is wat op u bevel al hierdie dinge doen.
Даследуйце 1 KONINGS 18:36
3
1 KONINGS 18:21
Elia het voor die hele volk gaan staan en gesê: “Hoe lank hou julle aan met hink op twee gedagtes? As die Here God is, volg Hóm; maar as dit Baäl is, volg hóm.” Die volk het hom nie 'n woord geantwoord nie.
Даследуйце 1 KONINGS 18:21
4
1 KONINGS 18:38
Toe kom daar vuur van die Here af en dit verbrand die offer, die hout, die klippe en die grond. Dit het selfs die water in die sloot opgelek.
Даследуйце 1 KONINGS 18:38
5
1 KONINGS 18:39
Toe die hele volk dit sien, het hulle op hulle knieë geval en uitgeroep: “Die Here is God! Die Here is God!”
Даследуйце 1 KONINGS 18:39
6
1 KONINGS 18:44
Na die sewende keer het hy kom sê: “'n Wolkie so groot soos 'n man se hand kom uit die see uit op.” Elia sê toe: “Gaan sê gou vir Agab: Span in en gaan van die berg af, anders sal die reën jou vaskeer.”
Даследуйце 1 KONINGS 18:44
7
1 KONINGS 18:46
Die mag van die Here het vir Elia in besit geneem, en hy het sy mantel opgebind en voor Agab se wa uit gehardloop tot waar die pad uitdraai na Jisreël toe.
Даследуйце 1 KONINGS 18:46
8
1 KONINGS 18:41
Daarna sê Elia vir Agab: “Gaan eet eers, want ek hoor al die gedruis van die reën.”
Даследуйце 1 KONINGS 18:41
9
1 KONINGS 18:43
sê hy vir sy slaaf: “Gaan kyk in die rigting van die see!” Hy gaan kyk toe, en kom sê: “Daar is niks.” Elia het vir hom gesê: “Gaan kyk weer.” Dit het sewe keer gebeur.
Даследуйце 1 KONINGS 18:43
10
1 KONINGS 18:30
Toe sê Elia vir die hele volk: “Kom staan hier by my,” en hulle het almal by hom gaan staan. Toe het hy die stukkende altaar van die Here weer reggemaak.
Даследуйце 1 KONINGS 18:30
11
1 KONINGS 18:24
Dan moet julle tot julle god bid, en ek sal tot die Here bid. Hy wat met vuur antwoord, is God.” Die hele volk het geantwoord: “Dis goed so.”
Даследуйце 1 KONINGS 18:24
12
1 KONINGS 18:31
Hy het twaalf klippe gevat, net soveel as die stamme van die nageslag van Jakob vir wie die Here gesê het: “Jou naam sal Israel wees.”
Даследуйце 1 KONINGS 18:31
13
1 KONINGS 18:27
Teen die middag het Elia hulle begin spot: “Roep harder! Hy is mos 'n god! Miskien is hy diep in gedagte of gou bietjie uit, of op reis, of dalk slaap hy en moet hy eers wakker word!”
Даследуйце 1 KONINGS 18:27
14
1 KONINGS 18:32
Met die klippe het hy die altaar van die Here reggemaak en 'n behoorlike sloot daar rondom gegrawe.
Даследуйце 1 KONINGS 18:32