1
GENESIS 25:23
Afrikaans 1983
AFR83
en Hy het vir haar gesê: “Daar is twee nasies in jou, twee volke uit jou sal van mekaar geskei word. Een sal sterker wees as die ander, die oudste sal die jongste dien.”
አወዳድር
{{ጥቅስ}} ያስሱ
2
GENESIS 25:30
en sê vir Jakob: “Laat my gou van die rooi goed wegsluk, van daardie rooi goed. Ek is doodmoeg!” Daarom is hy Edom genoem.
3
GENESIS 25:21
Isak het tot die Here gebid oor sy vrou, want sy was kinderloos. Die Here het sy gebed verhoor, en sy vrou Rebekka het swanger geword.
4
GENESIS 25:32-33
Esau het geantwoord: “Ek gaan tog sterf. Wat baat dit my om die eersgeborene te wees?” Jakob sê toe vir hom: “Beloof my nou met 'n eed dat jy jou reg as eersgeborene aan my oormaak.” Esau het dit gedoen en so sy reg as eersgeborene aan Jakob verkoop.
5
GENESIS 25:26
Sy broer is na hom gebore en dié se hand het aan Esau se hakskeen vasgehou. Hy is Jakob genoem. Isak was sestig jaar oud toe hulle gebore is.
6
GENESIS 25:28
Isak het vir Esau voorgetrek, want Isak het van wildsvleis gehou. Rebekka weer het vir Jakob voorgetrek.