Kruik Gemeente
Kruik Oggenddiens 20 Desember 2020
Kruik Oggenddiens 20 Desember 2020
Plekke & Tye
Vergroot
  • Kruik Gemeente
    Corner of PDP Kruger and, Nelson Mandela Dr, Street, Secunda, 2302, South Africa
    Sondag 9:00 VM
Ons is in ‘n tyd van Advent… ‘n tyd van aftel, uitsien en verwagting. Ons sluit vanoggend ons Advent reis af want ons het vyf dae oor voor kersfees.
In die advent reeks het ons na die ja van Maria gekyk, na die insluit van die herders, Johannes se ander perspektief oor die koms van Jesus en vanoggend sluit ons af met Paulus en sy belewenis van Christus se koms.
Verlede week beskryf Johannes die koms van Jesus so…
Johannes 1:1-5 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God. Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.

Maar dan sê Johannes iets groot en Paulus gaan aan met hierdie gedagte.
Johannes 1:14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon — en ons het sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom — vol van genade en waarheid.

In ons kom woon is eintlik beter vertaling - dwelling in intimate communion with the resurrected Christ. To tent or encamp, i.e. (figuratively) to occupy (as a mansion) or (specially), to reside.

Ons het God se adres geword. Die Woord het vlees geword en in ons kom woon.

In daardie tyd toe Johannes en Paulus geskryf het was die tempel nog staande in Jerusalem… daar waar die teenwoordigheid van God was.
Paulus maak dan groot uitspraak oor die koms van Jesus… Hy sê Jesus het gekom en in die tempel kom woon… maar die tempel van God is julle.

Kolossense 1:27 God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe seënryk en heerlik hierdie geheimenis vir die nasies is. Die inhoud daarvan is: Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid.

Christus is die hoop van hierdie wêreld en hierdie hoop, hierdie verlossing, hierdie vrede, genade en waarheid het kom huis opsit by jou! Jy is God se adres, hierdie is die viering van kersfees vir Paulus, God het kom huis opsit by ons.
Jesus sê; In hierdie dag sal julle weet dat ek in die Vader is, die Vader in my en ek in julle.

Kolossense 1:27 (Message) This mystery has been kept in the dark for a long time, but now it’s out in the open. God wanted everyone, not just Jews, to know this rich and glorious secret inside and out, regardless of their background, regardless of their religious standing. The mystery in a nutshell is just this: Christ is in you, so therefore you can look forward to sharing in God’s glory. It’s that simple. That is the substance of our Message.

Paulus se boodskap aan die mense se kern is; Christus in julle!

Die boodskap van kersfees - Immaneul is vir ons gebore en hierdie Immaneul het in ons kom woon… en nie net in ons nie, in almal, hierdie is die boodskap van kersfees wat die hele mensdom moet hoor!

2 Korinthiërs 5:19-20 Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie. Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou. Ons tree dus op as gesante van Christus, en dit is God wat deur ons 'n beroep op julle doen. Ons smeek julle namens Christus: Aanvaar die versoening met God wat Hy bewerk het!

Die besef van die heilige teenwoordigheid van die Vader, Seun en Heilige Gees wat in elke persoon, moment en plek moontlik is, is die begin van wysheid vir ons. Is die begin van openbaring vir elkeen van ons - en die hoop en openbaring vir ‘n verlore wêreld!

Die boodskap van kersfees bly die storie van Jesus wat mens geword en ons uitnooi om die deur van ons lewe oop te maak vir Hom om daar te woon. Die besef dat God jou so lief het dat hy nooit afstand tussen jou en Hom wil hê nie!

Efesiërs 3:17-21 Dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God. Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, aan Hom kom die eer toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus, deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid. Amen.

Paulus sê hierdie Christus boodskap is eintlik eenvoudig - simple - Christus in julle die hoop vir die wêreld.

Ons moet dit vat as ‘n uitnodiging met ons naam op en ‘n uitnodiging met almal se naam op.

Hierdie is die kersfees boodskap!
Besprekingsvrae

Wat kan ek en jy doen om ons perspektief van kersfees te verander na die gedagtes van Paulus? Christus in julle...

Dink jy die liefde van God sluit jou in?

Wat kan jy vandag doen om die Here se uitnodiging om saam jou te lewe te ervaar?