SAGARIA 3:1
SAGARIA 3:1 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het weer vir my iets gewys. Die hoëpriester Jesua het voor die Engel van die Here gestaan, en die Satan het regs langs Jesua gestaan. Die Satan het vir Jesua beskuldig.
SAGARIA 3:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
DAARNA het Hy my Josua, die hoëpriester, laat sien, terwyl hy voor die Engel van die HERE staan, en die Satan aan sy regterhand staan om hom aan te klae.
SAGARIA 3:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here het my 'n gesig laat sien. Ek het die hoëpriester Jesua voor die engel van die Here sien staan, en regs van hom het die Satan gestaan, besig om Jesua aan te kla.
SAGARIA 3:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe het Hy die hoëpriester Josua aan my gewys. Hy staan voor die •engel van die HERE met Satan wat hom aankla aan sy regterkant.
SAGARIA 3:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het my Josua, die hoëpriester, gewys wat voor die Engel van die HERE staan, en die Satan wat aan sy regterhand staan om hom teë te staan.