Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

RUT 2:4 – Vergelyk alle weergawes

RUT 2:4 AFR83 (Afrikaans 1983)

Boas het toe juis self uit Betlehem daar aangekom en hy het vir die snyers gesê: “Mag die Here by julle wees,” en hulle het hom geantwoord: “Mag die Here u seën.”

RUT 2:4 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En Boas het juis van Betlehem af gekom en aan die snyers gesê: Mag die HERE met julle wees! En hulle het hom geantwoord: Mag die HERE u seën!

RUT 2:4 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Boas kom toe juis van Betlehem af en groet sy werknemers: “Die HERE is met julle!” het hy gesê. “Mag die HERE u seën!” antwoord die snyers.

RUT 2:4 DB (Die Boodskap)

Intussen het Boas ook uit Betlehem daar aangekom. Hy en sy werkers het mekaar vriendelik gegroet, soos dit die gebruik was.

RUT 2:4 ABA (Bybel vir almal)

Boas het dieselfde tyd van Betlehem gekom. Hy het die mense gegroet wat die gars afsny, en hy het gesê: “Ek bid dat die Here by julle sal wees.” En hulle het geantwoord: “Ons bid dat die Here jou sal seën.”

RUT 2:4 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Boas het juis van Betlehem af daar aangekom. “Die HERE is met julle!” groet hy toe die snyers. “Die HERE seën u,” antwoord hulle hom.

RUT 2:4 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En kyk, Boas het van Betlehem af gekom en aan die maaiers gesê: Mag die HERE met julle wees! En hulle antwoord hom: Mag die HERE jou seën!