Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

RUT 2:3 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

RUT 2:3 AFR83 (Afrikaans 1983)

Sy het toe geloop om in die land te gaan are optel agter die graansnyers aan. Sy het uitgekom by dié deel van die land wat behoort het aan Boas, die familielid van Elimelek.

RUT 2:3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Daarop het sy heengegaan, en gekom en are opgetel op die land agter die snyers. En gelukkig kom sy op 'n stuk land af wat behoort aan Boas, uit die geslag van Eliméleg.

RUT 2:3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Rut is na die landerye toe om agter die snyers te gaan are optel. Dit gebeur toe dat sy op die landerye van Boas, die bloedverwant van haar skoonpa, beland.

RUT 2:3 DB (Die Boodskap)

Rut is toe uit na die lande toe waar sy are agter die werkers loop en optel het. Sy het toevallig op ’n stuk land beland wat aan Boas, die familielid van Elimeleg, behoort het.

RUT 2:3 ABA (Bybel vir almal)

Rut het toe gegaan om die gars-are op te tel wat geval het wanneer die mense die are afsny. Dit het gelukkig so gebeur dat sy gekom het by die garsland wat behoort het aan Boas, die man wat familie was van Elimelek.

RUT 2:3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Sy het toe geloop en gaan are optel in die lande agter die snyers. En dit was toe so dat dié deel van die land aan Boas, uit die geslag van Elimeleg, behoort.

RUT 2:3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En sy het gegaan en gekom en opgetel in die land agter die maaiers aan