Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

RUT 2:22 – Vergelyk alle weergawes

RUT 2:22 AFR83 (Afrikaans 1983)

Hierop sê Naomi vir haar: “Dit is goed vir jou, my dogter, dat jy saam met sy werksters uitgaan. Op 'n ander land sal jy dalk gemolesteer word.”

RUT 2:22 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Daarop het Naómi haar skoondogter Rut geantwoord: Dit is goed, my dogter, dat jy met sy diensmeisies saam uitgaan en aan jou geen kwaad op 'n ander land aangedoen word nie.

RUT 2:22 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

“Dis wonderlik!” roep Naomi uit. “Maak soos hy vir jou sê. Bly by sy werkers vir die duur van die oestyd. Daar sal jy veilig wees, maar op ’n ander land kan jy dalk gemolesteer word.”

RUT 2:22 DB (Die Boodskap)

Naomi sê toe vir Rut: “Dis goed so. Jy moet eerder saam met die vroue op Boas se land werk. Jy mag dalk net beledig word as jy op iemand anders se land gaan werk.”

RUT 2:22 ABA (Bybel vir almal)

Toe sê Naomi vir haar skoondogter Rut: “My dogter, dit is goed dat jy saam met die vroue loop wat vir hom werk. Op 'n ander garsland sal die mense jou miskien pla.”

RUT 2:22 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Daarop sê Naomi vir Rut, haar skoondogter: “My dogter, dis goed dat jy saam met sy vrouewerkers uitgaan, sodat mans jou nie op 'n ander land lastig val nie.”

RUT 2:22 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Toe sê Naomi vir haar skoondogter Rut: Dit is goed, my dogter, dat jy saam met sy diensmeisies uitgaan, dat hulle jou op geen ander veld ontmoet nie.