Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

RUT 2:2 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

RUT 2:2 AFR83 (Afrikaans 1983)

Rut, die Moabitiese vrou, vra toe vir Naomi: “Mag ek lande toe gaan om are op te tel by iemand wat my toelaat om dit te doen?” Naomi antwoord haar: “Gaan gerus maar, my dogter.”

RUT 2:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En Rut, die Moabitiese, het vir Naómi gesê: Laat ek tog die land ingaan en are optel agter dié een in wie se oë ek genade sal vind. Toe antwoord sy haar: Gaan, my dogter.

RUT 2:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Eendag vra Rut, die Moabitiese vrou, vir Naomi: “Mag ek gaan are optel op die landerye by iemand wat my sal toelaat om dit te doen?” Naomi antwoord haar: “Dis goed so, my dogter, gaan gerus.”

RUT 2:2 DB (Die Boodskap)

Op ’n dag vra Rut vir Naomi: “Sal dit reg wees as ek na die lande toe gaan en van die koringare optel wat agterbly as hulle klaar geoes het, as hulle my sal toelaat?” “Natuurlik, gaan doen dit gerus,” was Naomi se antwoord.

RUT 2:2 ABA (Bybel vir almal)

Rut, die Moabitiese vrou, het vir Naomi gevra: “Mag ek asseblief na 'n garsland gaan en gars-are gaan optel by iemand wat my toelaat om dit te doen?” Naomi het gesê: “My dogter, jy mag gaan.”

RUT 2:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Rut, die Moabiet, het vir Naomi gesê: “Kan ek maar na die lande toe gaan en by die gerwe, agter iemand wat my goedgesind sal wees, gaan are optel?” “Gaan maar, my dogter,” het Naomi haar geantwoord.

RUT 2:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Toe sê Rut, die Moabitiese vrou, vir Naomi: Laat my tog land toe gaan en are optel agter hom in wie se oë ek genade sal vind. En sy sê vir haar: Gaan, my dogter!