RUT 2:19
RUT 2:19 Bybel vir almal (ABA)
Haar skoonma het gesê: “Waar het jy vandag are opgetel? Waar het jy gewerk? Ek bid dat die Here die man sal seën wat so goed was vir jou.” Rut het vir haar skoonma vertel by wie sy gewerk het. Sy het gesê: “Die man by wie ek vandag gewerk het, is Boas.”
RUT 2:19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarop vra haar skoonmoeder haar: Waar het jy vandag opgetel, en waar het jy gewerk? Mag hy geseënd wees wat in jou belang gestel het! En sy vertel haar skoonmoeder by wie sy gewerk het, en sê: Die naam van die man by wie ek vandag gewerk het, is Boas.
RUT 2:19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Haar skoonma vra haar toe: “Waar het jy vandag are opgetel en wat het jy alles gedoen? Mag dié een wat in jou belang gestel het, deur die Here geseën word.” Sy het toe vir haar skoonma vertel wat sy gedoen het en dat die man by wie sy die dag gewerk het, se naam Boas is.
RUT 2:19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Haar skoonmoeder vra haar toe: “Waar het jy vandag are opgetel en by wie het jy gewerk? Mag die een wat jou bevoordeel het, geseënd wees! ” Sy vertel toe vir haar skoonmoeder by wie sy gewerk het: “Die man by wie ek vandag gewerk het, se naam is Boas.”
RUT 2:19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En haar skoonmoeder sê vir haar: Waar het jy vandag opgetel? en waar het jy bewerk? geseënd is hy wat van jou kennis geneem het. En sy het haar skoonmoeder te kenne gegee met wie sy gewerk het, en gesê: Die naam van die man met wie ek vandag gewerk het, is Boas.
RUT 2:19 Die Boodskap (DB)
Naomi was so verbaas dat sy sommer gevra het: “Waar kry jy so baie? Op wie se land het jy gewerk? Mag die Here baie goed wees vir die persoon wat jou gehelp het!” Rut het haar toe vertel wat sy gedoen het en dat sy op die land van ’n man met die naam Boas gewerk het.
RUT 2:19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Waar het jy vandag are opgetel?” vra Naomi haar toe. “Mag die HERE die een seën wat jou gehelp het!” Rut vertel toe vir haar skoonma van die man op wie se landerye sy gewerk het. Sy sê verder: “Die man op wie se landerye ek vandag gewerk het se naam is Boas.”