RUT 2:13 – Vergelyk alle weergawes
RUT 2:13 AFR83 (Afrikaans 1983)
Sy het geantwoord: “Meneer, u bewys my 'n guns, u laat my goed voel, u is vriendelik met my, al is ek nie eers een van u slavinne nie.”
RUT 2:13 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Toe sê sy: So vind ek dan genade in u oë, my heer! Want u het my getroos en na die hart van u dienares gespreek, alhoewel ek nie soos een van u dienaresse is nie.
RUT 2:13 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
“U laat my goed voel, Meneer,” antwoord sy. “U het my bemoedig deur so vriendelik met my te praat al is ek nie eers een van u slavinne nie.”
RUT 2:13 DB (Die Boodskap)
“U is baie vriendelik, Meneer,” sê sy toe vir hom. “Ek is bly dat u so ordentlik met my praat al is ek nie een van u werkers nie.”
RUT 2:13 ABA (Bybel vir almal)
Rut het gesê: “Dankie, Meneer, ek is nie een van die vroue wat vir jou werk nie, maar jy is vriendelik met my en jy is goed vir my. Jy sê mooi dinge vir my.”
RUT 2:13 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
“U is goed vir my, Meneer,” antwoord sy, “u het my immers jammer gekry; ja, u het mooi gepraat met my, u diensmeisie, en dit terwyl ek nie eers een van u slavinne is nie!”
RUT 2:13 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê sy: Laat my guns in u oë vind, my heer; omdat jy my getroos het en dat jy vriendelik met u dienares gespreek het, al is ek nie soos een van u diensmaagde nie.