ROMEINE 9:9 – Vergelyk alle weergawes
ROMEINE 9:9 AFR83 (Afrikaans 1983)
Die woorde: “Op dié tyd sal Ek weer kom, en dan sal Sara 'n seun hê,” was immers 'n belofte.
ROMEINE 9:9 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Want dit is die woord van die belofte: Omtrent hierdie tyd sal Ek kom, en Sara sal 'n seun hê.
ROMEINE 9:9 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Want God het soos volg belowe: “Volgende jaar sal Ek terugkom, en dan sal Sara ’n seun hê.” Hierdie seun was ons voorvader Isak.
ROMEINE 9:9 DB (Die Boodskap)
Julle onthou mos nog hoe Hy vir Abraham gesê het: “Teen hierdie tyd volgende jaar sal Sara ’n seun hê.” Die belofte het kort daarna waar geword.
ROMEINE 9:9 ABA (Bybel vir almal)
Want God het vir Abraham belowe: Ek sal volgende jaar dieselfde tyd terugkom na jou toe. Dan sal jou vrou Sara 'n seun hê.
ROMEINE 9:9 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want dít is die woord van die belofte: “Teen hierdie tyd sal Ek kom en sal Sara 'n seun hê.”
ROMEINE 9:9 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want dit is die woord van die belofte: In hierdie tyd sal Ek kom, en Sara sal 'n seun hê.