ROMEINE 9:7 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
ROMEINE 9:7 AFR83 (Afrikaans 1983)
en nie almal wat nakomelinge van Abraham is, is werklik kinders van Abraham nie. Inteendeel, die belofte was: “Uit Isak sal daar vir jou 'n nageslag kom.”
ROMEINE 9:7 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Ook nie omdat hulle Abraham se nageslag is, is hulle almal kinders nie; maar: in Isak sal jou nageslag genoem word.
ROMEINE 9:7 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Die blote feit dat mense afstammelinge van Abraham is, maak hulle nog nie ware kinders van Abraham nie. Want die Skrif sê: “Isak is die seun uit wie jou nageslag sal kom.”
ROMEINE 9:7 DB (Die Boodskap)
Want al van Abraham se tyd af het God nie alle Israeliete as ware Israeliete beskou nie.
ROMEINE 9:7 ABA (Bybel vir almal)
En baie mense van die nageslag van Abraham is ook nie ware kinders van Abraham nie. Want in die Ou Testament is geskryf: Die nageslag van Isak sal jou nageslag wees.
ROMEINE 9:7 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ook is nie almal wat nageslag van Abraham is, sy kinders nie. Inteendeel, daar staan: “Dit is deur Isak dat jou nageslag benoem sal word.”
ROMEINE 9:7 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ook nie, omdat hulle die nageslag van Abraham is, is hulle almal kinders nie; maar: In Isak sal jou nageslag genoem word.