ROMEINE 9:27 – Vergelyk alle weergawes
ROMEINE 9:27 AFR83 (Afrikaans 1983)
En Jesaja roep van Israel dít uit: “Al was die Israeliete so baie soos die sand van die see, net die handjievol wat oorbly, sal gered word
ROMEINE 9:27 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En Jesaja roep oor Israel uit: Al is die getal van die kinders van Israel soos die sand van die see, net die oorblyfsel sal gered word
ROMEINE 9:27 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Maar wat Israel betref, roep Jesaja uit: “Al was die Israeliete so baie soos die sand op die seestrand, sal net ’n handjievol oorblywendes verlos word.
ROMEINE 9:27 DB (Die Boodskap)
Die profeet Jesaja sê van Israel: “Al is die Israeliete se getalle so baie soos al die seesand, sal daar slegs ’n klein groepie van hulle gered word.
ROMEINE 9:27 ABA (Bybel vir almal)
En Jesaja skree en sê oor die Israeliete: Die Israeliete is so baie soos die sand van die see, maar die Here sal min van hulle red, Hy sal die klein bietjie red wat oorbly
ROMEINE 9:27 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar Jesaja roep aangaande Israel uit: “Al is die getal van die kinders van Israel soos die sand van die see, sal net 'n oorblyfsel verlos word
ROMEINE 9:27 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Jesaja roep ook oor Israel: Al is die getal van die kinders van Israel soos die sand van die see, 'n oorblyfsel sal gered word.