ROMEINE 9:25 – Vergelyk alle weergawes
ROMEINE 9:25 AFR83 (Afrikaans 1983)
So sê Hy dan ook in die boek Hosea: “Hulle wat nie my volk is nie, sal Ek roep om my volk te wees, en haar wat geen liefde ontvang het nie, om my geliefde te wees.”
ROMEINE 9:25 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Soos Hy ook in Hoséa sê: Ek sal die wat nie my volk is nie, my volk noem; en haar wat nie bemin is nie, beminde
ROMEINE 9:25 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Oor laasgenoemde sê God in die boek Hosea tereg: “Hulle wat nie my volk was nie, sal Ek nou mý volk noem. En Ek sal haar liefhê wat nie voorheen my geliefde was nie.”
ROMEINE 9:25 DB (Die Boodskap)
Dit is presies net soos God in die profeet Hosea sê: “Vir mense wat nie my volk is nie, sal Ek sê: ‘Julle is nou my volk.’ Vir haar wat geen liefde ken nie, sal Ek sê: ‘Jy is my beminde.’
ROMEINE 9:25 ABA (Bybel vir almal)
Dit is soos God in die boek Hosea sê: Ek sal vir Nie-My-Volk-Nie sê: “Julle is my volk,” en Ek sal vir die mense sê vir wie niemand lief is nie: “Ek is lief vir julle.”
ROMEINE 9:25 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
So sê Hy ook in Hosea: “Hulle wat nie my volk was nie, sal Ek my volk noem, en haar wat nie geliefd was nie, sal Ek my geliefde noem.”
ROMEINE 9:25 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Soos hy ook in Osee sê: Ek sal hulle my volk noem wat nie my volk was nie; en haar beminde, wat nie bemin was nie.