ROMEINE 3:7
ROMEINE 3:7 Bybel vir almal (ABA)
Party mense sê dat wanneer ons leuens vertel, dan kan ander mense beter sien dat God altyd reg doen en dan kan hulle Hom prys. Hulle sê daarom mag God nie sê ons is sondaars nie en daarom mag Hy ons nie straf nie. Maar daardie mense is verkeerd!
ROMEINE 3:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar as die waarheid van God deur my leuen oorvloediger geword het tot sy heerlikheid, waarom word ek dan nog as sondaar geoordeel?
ROMEINE 3:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar as my leuenagtigheid die betroubaarheid van God duideliker aan die lig gebring het en so dien tot eer van God, waarom word ek dan nog as sondaar veroordeel?
ROMEINE 3:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar as deur my valsheid God se waarheid oorvloedig blyk, tot sy heerlikheid, waarom word ek dan nog as sondaar geoordeel?
ROMEINE 3:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want as die waarheid van God deur my leuen meer oorvloedig geword het tot sy eer; waarom word ek ook as sondaar geoordeel?