Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

ROMEINE 3:27 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

ROMEINE 3:27 AFR83 (Afrikaans 1983)

Het ons nou iets uit onsself om op te roem? Nee, dit is uitgesluit. Deur watter wet? Dié van die werke? Nee, deur dié van die geloof.

ROMEINE 3:27 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Waar is dan die roem? Dit is uitgesluit. Deur watter wet? Van die werke? Nee, maar deur die wet van die geloof.

ROMEINE 3:27 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Kan ons ons dus daarop beroem dat ons enigiets gedoen het om die vryspraak te verdien? Dis heeltemal buite die kwessie, want ons vryspraak berus nie op ons goeie dade nie, maar op ons geloof.

ROMEINE 3:27 DB (Die Boodskap)

Wie kan dit nou nog waag om te spog oor hulle gehoorsaamheid aan die wet? Dit help in elk geval nie. Al wat nou saak maak, is geloof. Dit gaan glad nie meer oor wat óns alles vir God doen nie, maar wat Hý vir ons doen.

ROMEINE 3:27 ABA (Bybel vir almal)

Mense mag nie trots wees op hulleself en spog omdat hulle doen wat die wette sê nie, want God spreek hulle nie daaroor vry nie. Hy spreek hulle vry omdat hulle glo.

ROMEINE 3:27 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Is daar dan nog sprake van roem? Dit is uitgesluit. Deur watter wet? Die wet van die werke? Nee, deur die wet van die geloof.

ROMEINE 3:27 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Waar is dan grootpratery? Dit is uitgesluit. Volgens watter wet? van werke? Nee, maar deur die wet van die geloof.