ROMEINE 3:22-23 – Vergelyk alle weergawes
ROMEINE 3:22-23 AFR83 (Afrikaans 1983)
maar deur in Jesus Christus te glo. God gee dit sonder onderskeid aan almal wat glo. Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie
ROMEINE 3:22-23 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie; want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God
ROMEINE 3:22-23 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
God spreek ons vry deur geloof in Christus Jesus en dit geld sonder onderskeid vir almal wat glo. Ons het immers almal gesondig. Ons almal het God beroof van die eer wat Hom toekom.
ROMEINE 3:22-23 DB (Die Boodskap)
Mense wat in Jesus Christus glo, word nou deur God van hulle sondes vrygespreek. Dit geld vir elkeen wat glo. Ons almal is sondaars. Nie een van ons leef tot God se eer nie.
ROMEINE 3:22-23 ABA (Bybel vir almal)
God spreek mense vry omdat hulle in Jesus Christus glo. Ja, God spreek almal vry wat glo, dit maak nie saak wie hulle is nie. Want al die mense het sonde gedoen en hulle lewe nie soos God, die Koning, wil hê hulle moet lewe nie
ROMEINE 3:22-23 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hierdie geregtigheid gee God deur die geloof in Jesus •Christus aan almal wat glo. Want daar is geen onderskeid nie: Almal het trouens gesondig, en die eer aan God ontbreek by hulle
ROMEINE 3:22-23 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Selfs die geregtigheid van God wat deur die geloof in Jesus Christus is vir almal en oor almal wat glo; want daar is geen verskil nie. Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God