ROMEINE 3:1-3 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
ROMEINE 3:1-3 AFR83 (Afrikaans 1983)
Het dit dan enige voordeel om 'n Jood te wees, en het die besnydenis enige nut? Ja, baie, in allerlei opsigte. Die belangrikste is dat God sy woorde aan die Jode toevertrou het. Maar wat nou as sommige nie getrou gebly het nie? Sal hulle ontrou die trou van God laat ophou?
ROMEINE 3:1-3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
WAT is dan die voordeel van die Jood? Of wat is die nut van die besnydenis? Groot, in alle opsigte: ten eerste tog seker dat aan hulle die woorde van God toevertrou is. Want wat maak dit as sommige ontrou geword het? Sal hulle ontrou miskien die getrouheid van God vernietig?
ROMEINE 3:1-3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Beteken dit dan enigiets besonders om ’n Jood te wees? Of hou die besnydenis enige voordeel in? Inderdaad! Dit hou baie voordele in. Die belangrikste is die feit dat God sy openbaring aan die Jode toevertrou het. Wat sê dit vir ons? Impliseer die feit dat party Jode ontrou geword het dan nie dat God se getrouheid aan sy beloftes ook daarmee heen is nie?
ROMEINE 3:1-3 DB (Die Boodskap)
Maak dit dan saak dat jy ’n Jood is en dat jy besny is? Ja, tog! God het Hom immers aan Israel kom bekendmaak. Hy het ook toegelaat dat Israel sy woorde en dade op skrif stel. Maar wat dan as party Israeliete ongehoorsaam aan God is? Bring hulle ongehoorsaamheid God se lojaliteit in die gedrang?
ROMEINE 3:1-3 ABA (Bybel vir almal)
Is dit belangrik dat iemand 'n Jood is of dat hy besny is? Ja, dit is baie belangrik. Die belangrikste is dat God met die Jode gepraat het en dat Hy sy woorde vir hulle gegee het. Maar party van die Jode doen nie wat hulle belowe het nie, hulle dien nie vir God nie. Sal God nou ook nie doen wat Hy vir die Jode belowe het nie?
ROMEINE 3:1-3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wat is dan die voordeel van die Jood? Of wat is die nut van die besnydenis? Baie, in elke opsig. Want in die eerste plek is die woorde van God aan hulle toevertrou. Maar wat nou? As sommige ontrou geword het, maak hulle ontrouheid God se getrouheid ongedaan?
ROMEINE 3:1-3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Watter voordeel het die Jood dan? of watter voordeel is daar van die besnydenis? Veel op elke manier: hoofsaaklik omdat die woorde van God aan hulle toevertrou is. Want wat as sommige nie geglo het nie? sal hulle ongeloof die geloof in God tot niet maak?