ROMEINE 2:7 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
ROMEINE 2:7 AFR83 (Afrikaans 1983)
aan dié wat in goeddoen volhard en op dié manier soek na ewige heerlikheid, eer en onverganklikheid, gee Hy die ewige lewe
ROMEINE 2:7 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
aan die wat deur volharding in goeie werke heerlikheid, eer en onverganklikheid soek — die ewige lewe
ROMEINE 2:7 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Aan dié wat met volharding aanhou om goed te doen, en op hierdie manier streef na die toekomstige heerlikheid, eer en onsterflikheid wat Hy vir hulle weggebêre het, sal Hy die ewige lewe gee.
ROMEINE 2:7 DB (Die Boodskap)
Die ewige lewe wag op almal wat goed doen en wat aan Hom die eer gee. Mense wat hulle uiterste bes doen om God te gehoorsaam, sál die ewige lewe as ’n geskenk uit sy hand ontvang.
ROMEINE 2:7 ABA (Bybel vir almal)
Party mense hou aan om goeie dinge te doen, want hulle wil graag hê God moet hulle eendag soos konings maak. Hulle wil hê mense moet hulle respekteer, en hulle wil aanhou lewe. God sal vir hulle die ewige lewe gee.
ROMEINE 2:7 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
die ewige lewe aan diegene wat deur volgehoue goeie werke streef na heerlikheid, eer en onsterflikheid
ROMEINE 2:7 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Aan hulle wat deur geduldige volharding in weldade soek na heerlikheid en eer en onsterflikheid, die ewige lewe