Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

ROMEINE 2:29 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

ROMEINE 2:29 AFR83 (Afrikaans 1983)

Nee, hy is 'n Jood wat dit innerlik is, en dit is besnedenheid wat in die hart gedoen is deur die Gees, nie volgens die wetsvoorskrifte nie. So iemand ontvang lof, nie van mense nie, maar van God.

ROMEINE 2:29 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

maar hy is 'n Jood wat dit in die verborgene is, en besnydenis is dié van die hart, in die gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God.

ROMEINE 2:29 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Inteendeel, die ware Jood is dié een wat dit in sy binneste is. En die ware besnydenis is nie dié een wat aan jou liggaam verrig word nie; nee, dit is die besnydenis van jou hárt wat deur die Gees van God verrig word, nie deur wetsvoorskrifte nie. Só ’n persoon ontvang lof – nie van mense nie, maar van God.

ROMEINE 2:29 DB (Die Boodskap)

’n Ware Jood is iemand wie se lewe van binne af verander het. Dit is iemand wie se hart deur God besny is. Jy is nie ’n Jood bloot omdat jy die regte afkoms het nie. Glad nie. Leef daarom so dat God trots sal wees op jou.

ROMEINE 2:28-29 ABA (Bybel vir almal)

Wie is die ware Jode? Dit is nie die mense wat vir ander mense lyk soos Jode nie. Nee, hulle moet in hulle hárte Jode wees. As mense se liggame besny is, dan is hulle nog nie regtig besny nie. Hulle hárte moet besny wees. Dit beteken: Dit is nie belangrik dat mense se liggame besny is nie, dit is belangrik dat die Heilige Gees in hulle harte is. Dán sal Gód hulle prys, nie ander mense nie.

ROMEINE 2:29 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

inteendeel, iemand is innerlik 'n Jood en besnydenis is iets van die hart, geestelik, nie letterlik nie. Só iemand ontvang lof, nie van mense nie, maar van God.

ROMEINE 2:29 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Maar hy is 'n Jood wat dit innerlik is; en die besnydenis is dié van die hart, in die gees en nie in die letter nie; wie se lof nie uit mense kom nie, maar aan God.