ROMEINE 2:21 – Vergelyk alle weergawes
ROMEINE 2:21 AFR83 (Afrikaans 1983)
jy dan, wat 'n ander leer, leer jy jouself? Jy wat preek dat 'n mens nie mag steel nie, steel jy nie?
ROMEINE 2:21 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
jy dan, wat 'n ander leer, leer jy jouself nie? Jy wat preek dat 'n mens nie mag steel nie, steel jy?
ROMEINE 2:21 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Hoe is dit dan dat jy wat vir ander leermeester speel, nie jou eie lesse ernstig opneem nie? Jy wat preek dat ’n mens nie mag steel nie, steel jy nie ook self nie?
ROMEINE 2:21 DB (Die Boodskap)
Maar ek wil jou ’n vraag vra. Jy wat so vinnig is om ander mense te leer hoe hulle moet leef, hoekom doen jy nie ’n slag wat jy leer nie? Jy preek graag vir ander dat hulle nie mag steel nie. Maar wat van jou? Steel jy nie?
ROMEINE 2:21 ABA (Bybel vir almal)
Maar jy dink verkeerd. Jy leer vir ander mense, maar jy leer nie vir jouself nie. Jy sê vir ander mense hulle mag nie steel nie, maar jy self steel.
ROMEINE 2:21 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Jy dan, wat iemand anders onderrig, onderrig jy nie jouself nie? Jy wat verkondig dat 'n mens nie mag steel nie, steel jy self?
ROMEINE 2:21 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Jy dan wat 'n ander leer, leer jy jouself nie? Jy wat preek 'n mens mag nie steel nie, steel jy?