ROMEINE 2:2-3 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
ROMEINE 2:2-3 AFR83 (Afrikaans 1983)
Ons weet dat God regverdig handel wanneer Hy mense wat sulke dinge doen, veroordeel. Maar jy, mens, wat ander veroordeel wat sulke dinge doen, en jy doen dit self, verbeel jy jou dat jy aan die oordeel van God sal ontkom?
ROMEINE 2:2-3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En ons weet dat die oordeel van God na waarheid is oor die wat sulke dinge doen. En meen jy, o mens wat hulle oordeel wat sulke dinge doen, en dit self doen, dat jy die oordeel van God sal ontvlug?
ROMEINE 2:2-3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Ons weet tog dat God ’n suiwer oordeel sal vel oor enigiemand wat met sulke praktyke besig is. Dink jy dan – jy wat ander veroordeel wat hierdie dinge doen, en tog ook self daarmee besig is – dat jy God se oordeel sal vryspring?
ROMEINE 2:2-3 DB (Die Boodskap)
God weet wat ons almal doen. Omdat Hy die ware feite tot sy beskikking het, sal Hy eendag die regte uitspraak oor ons almal lewer. Ek sê weer: jy moet baie versigtig wees om nie die vinger na ander mense te wys terwyl jy dieselfde dinge as hulle aanvang nie. Jy sal God se oordeel glad nie vryspring nie.
ROMEINE 2:2-3 ABA (Bybel vir almal)
Ons weet dit is reg dat God mense straf wat daardie verkeerde dinge doen. Jy, ja jý, sê ander mense doen dinge wat verkeerd is, maar jy doen dieselfde dinge. Jy moet weet dat God jou ook sal straf, jy sal nie kan wegvlug nie.
ROMEINE 2:2-3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ons weet dat God se oordeel na waarheid oor mense kom wat sulke dinge doen. Dink jy, o mens, wat ander veroordeel wat sulke dinge doen terwyl jy dieselfde dinge doen, dat jy God se oordeel sal vryspring?
ROMEINE 2:2-3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar ons is seker dat die oordeel van God na waarheid is oor die wat sulke dinge doen. En dink jy, o mens, wat die wat sulke dinge doen, oordeel, en dieselfde doen, dat jy die oordeel van God sal ontvlug?