Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

ROMEINE 16:7 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

ROMEINE 16:7 AFR83 (Afrikaans 1983)

Gee my groete ook aan Andronikus en Junias, my volksgenote wat saam met my in die gevangenis was; hulle is hoog aangeskrewe by die apostels en het voor my al Christene geword.

ROMEINE 16:7 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Groet Andronícus en Júnias, my stamgenote en my medegevangenes, wat in aansien is onder die apostels en reeds voor my in Christus gewees het.

ROMEINE 16:7 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Groete ook vir Andronikus en Junia, my mede-Jode, wat saam met my in die tronk was. Hulle is hoogaangeskrewe by die apostels, en was reeds voor my Christene.

ROMEINE 16:7 DB (Die Boodskap)

Sê ook vir daardie twee volksgenote van my, Andronikus en Junias, dat ek aan hulle dink. Hulle was vroeër saam met my in die tronk. Die apostels in Jerusalem dink baie van hulle. Hulle is twee gesoute gelowiges wat selfs nog voor my Christene geword het.

ROMEINE 16:7 ABA (Bybel vir almal)

Ek stuur groete vir Andronikus en Junias. Hulle is ook Jode soos ek en hulle was saam met my in die tronk. Hulle is belangrike apostels en hulle het in Christus geglo voordat ek in Hom geglo het.

ROMEINE 16:7 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Groet Andronikus en Junia, my volksgenote en medegevangenes. Hulle is hoog aangeskrewe by die •apostels en wat reeds voor my in Christus was.

ROMEINE 16:7 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Groet Andronicus en Junia, my bloedverwante en my medegevangenes, wat opmerklik is onder die apostels, wat ook voor my in Christus was.