Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

ROMEINE 16:5 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

ROMEINE 16:5 AFR83 (Afrikaans 1983)

Groete ook aan die gemeente wat gereeld in hulle huis bymekaarkom. My groete verder ook aan my liewe vriend Epenetus, die eerste bekeerling vir Christus in die provinsie Asië

ROMEINE 16:5 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Groet ook die gemeente by hulle aan huis. Groet Epénetus, my geliefde, wat die eersteling van Acháje is vir Christus.

ROMEINE 16:5 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Groete ook aan die gemeente wat in hulle huis bymekaarkom. Groete vir my geliefde vriend Epenetus. Hy was die heel eerste persoon in die Romeinse provinsie Asië wat tot die Christelike geloof gekom het.

ROMEINE 16:5 DB (Die Boodskap)

O ja, sê asseblief ook groete aan die gelowiges wat daar in hulle huis in Rome bymekaarkom. Dra my groete oor aan my liewe vriend Epenetus. Weet julle, hy is die heel eerste persoon in die provinsie Asië wat ’n Christen geword het.

ROMEINE 16:5 ABA (Bybel vir almal)

Ek stuur ook groete vir die gemeente wat bymekaarkom in die huis van Priska en Akwila. Ek stuur groete vir my goeie vriend Epenetus. Hy was die eerste persoon in Asië wat in Christus begin glo het.

ROMEINE 16:5 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Groet ook die gemeente by hulle aan huis. Groet my geliefde Epenetus – hy is die eersteling in Christus uit die provinsie Asië.

ROMEINE 16:5 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Groet ook die gemeente wat in hulle huis is. Groet my geliefde Epaenetus, wat die eersteling van Achaje vir Christus is.