Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

ROMEINE 16:27 – Vergelyk alle weergawes

ROMEINE 16:27 AFR83 (Afrikaans 1983)

Aan Hom, die enigste en alwyse God, behoort die heerlikheid deur Jesus Christus tot in ewigheid! Amen.

ROMEINE 16:27 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

aan die alleenwyse God, aan Hom die heerlikheid deur Jesus Christus tot in ewigheid! Amen.

ROMEINE 16:27 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Aan dié God wat enkel en alleen die ware wysheid is, kom die heerlikheid toe, deur Jesus Christus, vir altyd en altyd. Amen.

ROMEINE 16:27 DB (Die Boodskap)

Ons wonderlike God besit al die wysheid en die kennis. Aan Hom, die enigste God, kom al die eer toe, van nou af tot in ewigheid deur Jesus Christus. Amen!

ROMEINE 16:27 ABA (Bybel vir almal)

Kom ons prys altyd vir Jesus Christus en vir God, net Hy het wysheid. Amen.

ROMEINE 16:27 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

aan Hom, die enigste en alwyse God, kom toe die heerlikheid deur Jesus Christus, vir ewig! •Amen.

ROMEINE 16:27 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Aan God alleen wys, kom toe die heerlikheid deur Jesus Christus tot in ewigheid. Amen. (Geskryf aan die Romeine vanaf Korinthus, en gestuur deur Phebe dienaar van die kerk in Kenchrea.)