Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

ROMEINE 16:25 – Vergelyk alle weergawes

ROMEINE 16:25 AFR83 (Afrikaans 1983)

God is magtig om julle te laat vasstaan ooreenkomstig die evangelie van Jesus Christus wat ek verkondig, en ooreenkomstig die openbaring van die geheimenis. Eeue lank het dit geheim gebly

ROMEINE 16:25 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Aan Hom dan wat magtig is om julle te versterk volgens my evangelie en die prediking van Jesus Christus, ooreenkomstig die openbaring van die verborgenheid wat eeue lank verswyg is

ROMEINE 16:25 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

God is magtig om julle te laat vasstaan volgens die Goeie Nuus aangaande Jesus Christus wat ek verkondig en ook volgens die plan wat God nou bekendgestel het. Hierdie plan het eeue lank geheim gebly

ROMEINE 16:25 DB (Die Boodskap)

God besit al die mag. Niemand in die hemel of op die aarde is so sterk soos Hy nie. God sal sorg dat julle in Hom bly glo. Ek weet dit omdat ek die goeie nuus oor Jesus Christus ken.

ROMEINE 16:25 ABA (Bybel vir almal)

God kan julle geloof sterk maak. Dit is die goeie boodskap wat ek bring, die goeie boodskap oor Jesus Christus. Die mense het voorheen nooit geweet van die boodskap oor Christus nie

ROMEINE 16:25 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Aan Hom wat magtig is om julle te versterk, volgens die evangelie van Jesus •Christus wat ek verkondig, en volgens die openbaring van die misterie, wat eeue lank verswyg was

ROMEINE 16:25 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En aan Hom wat by magte is om julle te bevestig volgens my evangelie en die prediking van Jesus Christus, volgens die openbaring van die verborgenheid wat van die begin van die wêreld af geheim gehou is