Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

ROMEINE 16:1 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

ROMEINE 16:1 AFR83 (Afrikaans 1983)

Ek beveel ons suster Febe wat dienaar is in die gemeente in Kenchreë, by julle aan.

ROMEINE 16:1 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

EK beveel by julle aan ons suster Fébé, wat 'n dienares is van die gemeente in Kenchréë

ROMEINE 16:1 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Ons suster Febe sal julle binnekort besoek. Ek beveel haar sterk by julle aan. Sy doen dienswerk in die gemeente van Kengreë.

ROMEINE 16:1 DB (Die Boodskap)

Febe, die dienende leier van die kerk in Kenchreë, een van die hawens van Korinte, is op pad daar na julle toe.

ROMEINE 16:1 ABA (Bybel vir almal)

Febe is een van die gelowiges en sy is 'n diaken van die kerk in die stad Kenchreë. Julle kan haar vertrou.

ROMEINE 16:1 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Ek beveel ons suster Febe by julle aan, wat 'n dienares in die •gemeente van Kenchreë is.

ROMEINE 16:1 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Ek beveel ons suster Phebe aan, wat 'n dienaar is van die gemeente wat in Kenchrea is, by jou aan.