Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

PSALMS 75:8 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

PSALMS 75:8 AFR83 (Afrikaans 1983)

Nee, dit is God wat verneder of verhef, Hy is die regter!

PSALMS 75:8 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

maar God is regter: Hy verneder die een en verhef die ander.

PSALMS 75:8 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Maar God is die regter wat verneder of verhef.

PSALMS 75:8 DB (Die Boodskap)

God alleen kan dit doen, want Hy is die regter. Hy tel mense op, en Hy gooi hulle teen die grond. Net Hy besluit daaroor.

PSALMS 75:8 ABA (Bybel vir almal)

Dit is God wat oordeel. Hy wys vir party mense dat hulle nie belangrik is nie en Hy maak ander mense belangrik.

PSALMS 75:8 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Nee, God is regter: Die een verneder Hy, die ander verhef Hy.”

PSALMS 75:8 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Want in die hand van die HERE is 'n beker, en die wyn is rooi; dit is vol mengsel; en hy gooi daaruit uit, maar sy slyk, al die goddeloses van die aarde sal hulle uitroei en drink.